header_dubaplains_guesttent_privatedining@2x
KONTAKVORM
VIR AL U VRAE EN BESPREKINGS

Vir al u vrae en besprekings

 

Het u vrae oor die bosveldvilla, bespreking, beskikbaarheid, maar ook praktiese sake rakende reis in Suid-Afrika ? Stuur 'n boodskap via die vorm hieronder of e-pos na info@uchawi.co.za.
Kontakpersoon: Florine Steenbeeke

    Hierdie vorm word beskerm met reCAPTCHA en die Google-privaatheidsbeleid en diensbepalings is van toepassing.

    HOE KOM U NA UCHAWI WA AFRIKA - MARLOTH PARK?

    AANWYSINGS

    Volg die rigting Boksburg as u die parkering by Oliver Tambo uitry. Neem dan die N12 in die rigting van eMhalaleni en volg dan die N4 na Marloth Park.

    Moenie vergeet om die Alzu- vulstasie op die N4 tussen Middelburg en Belfast (ongeveer 40 km agter Middelburg) te besoek nie vir 'n eerste en verrassende Afrika-ontmoeting.

    Die N4 is 'n tolpad waar drie keer tol betaal moet word, altesaam ongeveer R225. Dit moet kontant betaal word (buitelandse kaarte word nie aanvaar nie). As u (huur)motorkar 'n toletiket het, kan u by die tolhutte, die ‘Tags only’ deurgang gebruik.

    Bly binne die spoedgrens; daar is baie verkeerbeheer op die paaie.

    Om Marloth Park te bereik , moet u nie die eerste afrit na Marloth Park vanaf die N4 neem nie , maar volg die N4 vir nog vier kilometer en draai dan links in die rigting van Ten Bosch. Van hier af is dit nog 8,7 kilometer na die ingang van Marloth Park.

    Kom u uit (die rigting van) Swaziland of Mosambiek? In Komatipoort neem u die N4 rigting Nelspruit. U slaan na ongeveer 25 kilometer regs na Ten Bosch/ Marloth Park. Na 8,7 kilometer bereik u die ingang na Marloth Park.

    Eenmaal in Marloth Park volg die hoofpad , Olifant Straat, nog ongeveer 1 kilometer. Draai dan regs na Soeniestraat . Uchawi is na ongeveer 200 meter aan die linkerkant van die pad geleë.

    DIE AVONTUUR BEGIN MET UCHAWI